Krieket / Cricket

Krieket / Cricket

SHS-krieket het die jaar met ʼn suksesvolle toer na Sporteni Sportakademie aan die Suidkus afgeskop.  Die afrigtingsessies onder leiding van Rudi Steyn, voormalige Protea krieketspeler, was van hoogstaande gehalte en die spelers het waardevolle lesse geleer.

Die eerstespan het in 2017 weer in die Noordvaalliga gespeel. Die span het gemengde welslae en met 3 van die 6 ligawedstryde as oorwinnaars uit die stryd getree.

Die wedstryd teen die oudskoliere was ʼn reuse sukses. Die oudskoliere het die wedstryd met 3 paaltjies gewen. ʼn Groot aantal ouers en oudskoliere het die wedstryd bygewoon.

SHS het ook aan die Evergreen T20-reeks deelgeneem waar ons teen groot krieketskole soos Marais Viljoen en Noordheuwel meegeding het. Die eerstespan het skitterende krieket gespeel, en Noordheuwel met 7 paaltjies geklop om vir die finaal te kwalifiseer.

Ons het ook in die nasionale T20-Coke-reeks meegeding.

Five U/15 players (Luan Loubser, Neo Matube, Mpho Mareletse, PJ Stoop, Ruald Stoop and CJ Nel) participated in the Free State Country Districts Trials in Bethlehem. Luan Loubser was selected for the Free State U/15 Country District team. Flippie Nel, Morné Herbst, Alexander Scholtz, Warwick Scholtz, Etienne Bezuidenhout, Siyanda Phakathi and Polokeho Maqele participated in the Free State Country Districts U/17 and U/18 trials. Flippie Nel (Free State Country Districts U/17, Alexander Scholtz and Warwick Scholtz (Free State Country Districts U/18) and Polokeho Maqele (Free State Country Districts U/17 National) were selected for these teams.

Congratulations to these players!

2017 se meisieskrieketpad was voorwaar ’n voorreg om mee te maak. Baie nuwe talent is ontdek en ou staatmakers het van krag tot krag gegaan. René Nel, kaptein van die span, het gewys wat vyf jaar se ervaring kan doen. Sy het twee honderdtalle en twee vyftigtalle gemoker en talle paaltjies geneem. Sy word as die beste kolwer en Nicole Slier as die beste bouler van die seisoen aangewys. In die nuwe gekombineerde liga het die span ‘n goeie vertoning gelewer.

Ons groet vanjaar twee spelers wat 5 jaar vir die eerstespan gespeel het: René Nel en Zoë Lombaard – julle is sterre!

Mnr. W. Storm

Sporthoof

Eerstespan:

1e ry: W. Scholtz, A. Paterson, mnr. J. Coetzee, E. Bezuidenhout, S. Phakathi.

2e ry: L. Laubscher, M. Herbst, F. Nel, p. Maqele, K. Porter, S. Stoltz, D. Carstens, A. Scholtz.

Tweedespan:

1e ry: C. Odendaal, N. Bezuidenhout, JP Smit, PJ Stoop.

2e ry: Mnr. B. Jacobs, R. J. v. Rensburg, Q. Kühn, C. Cilliers, J. Stoltz, R. J. v. Rensburg.

Derdespan:

1e ry: Q. Kühn, N. Nhlapo, R. Steyn, M. Mareletse, S. Botha.

2e ry: Mnr. D. le Roux, A. Langeveldt, M. Peels, A. Meintjes, D. v. Niekerk, P. Strauss, C. Cilliers, R. Myburgh, mnr. N. Roux.

Meisiespan:

1e ry: M. Holtzhausen, J. Churchyard, N. Slier, R. Nel,Z. Lombard, D. Nel.

2e ry: Me. C. Steyn, L. Rambuda, T. Makume, C. Jacobs, J. v. Niekerk, J. v. Rooy, C. Lombard, C. v.d. Westhuizen, P. Okosun. (Afwesig: C. v. Graan, N. Mazibuko)