Skoolhoof / Headmaster

Mnr. W.E Wessels

Wouter Etienne Wessels is 10 November 1967 in Welkom in die Vrystaat gebore. Hy was in 9 skole en het in 1985 gematrikuleer te Hoërskool Kempton Park. Hy voltooi sy studies in 1991 aan die Noordwes Universiteit en behaal sy onderwysdipoma en B.Sc. graad met hoofvakke Chemie en Rekenaarwetenkap.

Mnr Wessels begin sy onderwysloopbaan aan die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark waar hy verantwoordelik was vir die suksesvolle implementering van die skool se nuwe rekenaarsentrum. In 1995 word hy aangestel as Departementshoof Natuurwetenskappe by The Vaal High School in Vanderbijlpark. Mnr Wessels word aangestel as Adkunkhoof by die Hoërskool Vaalpark in 2001 en aangestel as hoof van Vaalpark Articon in 2009. By Vaalpark Articon is hy verantwoordelik vir die sukselvolle transformasie van Hoërskool Vaalpark in ‘n kunsteskool. Op 1 Desember 2017 word Mnr Wessels aangestel as skoolhoof by Sasolburg Hoërskool.

Mnr Wessels was betrokke as lid en voorsitter van verskeie beheerliggame en belangegroepe in die Vaaldriehoek. Mnr Wessels was voorsitter van die Vaalrivier Skoolhoofdebelangegroep van 2015 tot 2017.

Mnr Wessels hou van die buitelewe en geniet kampeer, stap en “whitewater rafting”. Hy is getroud met sy vrou Corlia, het ‘n dogter Robyn, en is tans woonagtig in Vaalpark.