Riana Ras het die gesogte Presidentverkennertoekenning op 19 Augustus 2017 van die nasionale jeugkultuurbeweging, die Voortrekkers, ontvang.
Hierdie toekenning word nasionaal gemaak aan kandidate wat aan spesifieke vereistes in hul Voortrekkerloopbaan voldoen het, die nasionale Presidentverkenner teoretiese eksamen in April geslaag het en die nasionale Presidentverkenner-afrondingskamp, wat in Julie gehou is, geslaag het.
Die Voortrekkers se nasionale toekenning vir jeuglede bevestig dat die jeuglid se beginsels en keuses gerig word op ’n Bybels-Christelike lewens- en wêreldbeskouing en dat die jeuglid se menswees en leierskap ’n gebalanseerde ontwikkeling getoon het.